Tuis is ’n praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin wat lesers in staat stel om hulle blyplekke mooi te maak, en die waarde daarvan te laat toeneem – binne én buite. Die tydskrif maak die lewe makliker vir mense wat ’n huis wil koop, bou of opknap, of lus is vir tuinmaak, kosmaak of mooimaak. Tuis wys nie net mooi goed nie – ons verduidelik ook wat waarde sal toevoeg tot jou eiendom, en hoekom. Die tydskrif bied bekostigbare en toeganklike keuses aan lesers, hulp met selfdoenprojekte, en raad vir opknapwerk. Dis vir gewone mense – mans én vroue – met gewone lewens, gewone loopbane en gewone huise; mense wat graag hulle eiendomme wil verbeter, en dit moet doen op ’n begroting.
HALLO
Tuis
Ons lesers sê • Stuur ’n e-pos na redakteur@tuis.co.za en tik in die onderwerpreël: Brieweblad. Gesels saam by facebook.com/tuistydskrif, of volg ons op Instagram by @TuisHomeMag. Verstrek asseblief jou naam en van, asook die naam van jou dorp, wanneer jy aan ons skryf.
Werk & speel • In dié Victoriaanse huis in die Kaapse stadskom is ’n eertydse stoep omskep in ’n kreatiewe werkplek en private sitkamer in een.
Wat’s nuut
Hier draai die wiele so bietjie stadiger ... • By dié sjarmante tradisionele plaashuis in die Swartland keer ’n mens weer terug na ‘dít wat die meeste saak maak’.
Reg by DIE WATER • Nadat hulle huis in 2017 tot op die grond afgebrand het, het ’n veerkragtige egpaar ’n kreatiewe reis aangepak en ’n nuwe huis aan die Knysna-strandmeer gebou wat perfek by hul leefstyl pas.
’n Spesiale huis VIR SPESIALE BEHOEFTES • ’n Egpaar van Bloubergstrand het ’n stylvolle huis geskep wat spesifiek ontwerp is om toeganklik te wees – ’n plek waar almal dadelik welkom voel.
’n Speelse huisie by die jee • Die Johannesburgse leefstylblogger Tori Duckitt het haar liefde vir kleur, patrone en karakter gestort in die restourasie van ’n strandhuis op Hermanus.
Vra die kenners • Wil jy glans skep in jou interieur, of hunker jy na huisware wat ons geveerde vriende vier? Vra net – ons kry die antwoorde.
Dieremaniere Somervreugde...
Tuindagboek
BLOKRAAI #195
Somer, son & styl • Daar is min dinge wat Suid-Afrikaners beter verstaan as die kuns van buite kuier.
Kom saam winkels toe!
’N ONTPLOFFING van kleur • Hierdie plattelandse tuin met sy oorvloed rose, verskeidenheid eenjariges, historiese eikebome en lieflike ligging is die resultaat van jare se harde werk en ’n groot liefde vir tuinmaak.
Frik, FRIKKA, Frikkadel • Van vinnig tot fênsie is hier ’n frikkadel vir elke geleentheid! Hoe klink plaatfrikkadelle, geure soos botterhoenderkerrie, vegetariese kekerertjiekoekies en selfs ’n Viëtnamese draai met varkvleis?
Gnocchi met spek en ertjies • Dié tradisionele Italiaanse aartappelkussinkies is sag van binne en goudbruin aan die buitekant. Saam met spek en ertjies is dit ’n fees vir die oog – en dit smaak heerlik!
Kos is op die tafel!
Kos & drank
DIE BLOM VAN verwondering IN ’N ERA VAN ALLESWEET • Anders as toe sy ’n kind was, skryf Karin Brynard, hoef sy nie meer antwoorde op al haar vrae te kry nie. Soms is dit goed genoeg om in die raaisel te leef.